SA Trampolien se fabriek is 'n moderne
gebou van +- 500 vierkante meter. Die prosesuitleg is deur 'n meganiese
tegnoloog gedoen en oor twee jaar verfyn.
Rou materiale word by een groot deur ontvang en volledige trampoliene
word by 'n ander vrygestel. Slegs die beste trampolien materiaal
word tydens vevaardiging gebruik. Alle toerusting word gereeld gediens
en herstel indien nodig.
SA Trampolien se personeel is van 3 tot 12 jaar in die bestuur
se diens en is hoogs opgeleide persone wat hul werk feitlik toe
oë kan doen. Dit is 'n gemotiveerde span wat uitstekend saamwerk.
'n Ontspanne atmosfeer heers waar perde, ganse, tarentale en springbokke
buite op gras tussen bome rondwei. By ons uitsal area kan die volledige
reeks trampoliens besigtig en getoets word.
|