| DIE SPRING OP TRAMPOLIENE VERRYK DIE LIGGAAM
Elize Fourie, en haar man, Braam, is die eienaars van SA
Trampolien en sê dat die woord, “trampolien”, sy oorsprong
in Spaans het en dat dit in 1936 ontdek is. Nog ‘n interessante feit
is dat die Weermag van Amerika, voor die tweede wêreld oorlog,
trampoliens gebruik het om die soldate se balans, koördinasie, ritme
en tydsberekening te verbeter. Deesdae word trampoliens gebruik vir ontspanning
en deur Fisioterapeute vir terapie. SA Trampolien verskaf aan mediese
dokters, wat die trampoliens gebruik vir of gewigsbeheer of vir ‘n
hulpmiddel vir liggaamlik gestremde persone.
Een van die voordele van trampoliens is dat dit die liggaam se eie gewig
sowel as die aarde se aantrekkingskrag – definitief twee van ons
liggame se grootste vyande – vir die beste oefening resultate in
die kortste tyd gebruik.
Die skok absorberende faktor van die trampolien verseker a veilige en
genotvolle oefeningsmetode!
VOORDELE VIR JONK EN OUD
- Trampolien oefening verbrand 14% meer kalorieë as wat draf
vir dieselfde tydperk doen.
- Die bio-meganiese stimulasie van die liggaam is selfs meer as wat
dit op ‘n “treadmill” sal wees.
- Beserings van die spiere, organe en gewrigte is tot 70% minder
as wanneer daar op ‘n soliede
oppervlak geoefen word.
- Verbetering van bloed sirkulasie wat selluliet help voorkom
en help om die vel weer ferm te kry na
gewigsverlies.
- Dit verbeter koördinasie en balans.
- Die voordeel vir kinders is dat dit hulle sintuie verbeter
en die brein oefen.
- Vroë oggend trampolien oefening help sekere ensieme in
die brein wat die geheue verbeter.
- Om op ‘n trampolien te spring is ‘n uitstekende basis
vir enige ander sportsoorte.
- Dit is veilig vir enige ouderdom.
*BEELD 2002
DAVID BECKHAM SPRING OOK
‘n Artikel in die Longevity Tydskrif sê dat David Beckham,
die beroemde sokkerspeler, ‘n mini trampolien
daagliks gebruik om sy fiksheidsvlakke in stand te hou terwyl hy van
enige beserings herstel. Die mediese span wat in beheer is van sy herstelprogram
het gedurende ‘n onderhoud gesê dat Amerikaanse navorsers
gevind het dat die liggaam harder moet werk op ‘n sagte oppervlak
wat beteken dat jy meer kalorië verbrand.
Michele Wilburn, ‘n instrukteur wat spesialiseer in mini trampolien
oefeninge, sê omdat jou liggam aan swaartekrag onderwerp word wanneer
jy op en af spring, dit al die selle en spiere onder konstante ritmiese
druk plaas. Die resultaat is dat die hopbeweging ‘n sagte maar
hoogs effektiewe wyse is om die hele liggaam te versterk en te verslank.
“HIERDIE RITMIESE OEFEN APPARAAT HET MET
SPRONGE OOR HOOG TEGNIESE, GEREKENARISEERDE GIMNASIUM PRODUKTE GESPRING
OM DIE MEES GESOGTE HULPMIDDEL
TE WORD OM ‘N SLANKE LIGGAAM TE BEKOM”
Verwante skakels:
|